Rekeningkunde maklik gemaak, nou beskikbaar !
![]() | ![]() | ![]() |
|---|---|---|
![]() | ![]() | ![]() |
Welkom by Rekstraklas
Aanlyn ekstra rekeningkunde klasse in n gerieflike formaat voorgestel vir hoërskool leerders.(Huidiglik net Graad 12 leerders)
Ons storie
Rekeningkunde maklik gemaak.
Ons bied ekstra aanlyn rekeningkunde klasse aan vir hoërskool leerders met die doel om die vak in n logiese en basiese manier vir leerders te verduidelik asook leerders se vrees vir die vak uit te skakel sodat hulle eksamens met selfvetroue kan skryf en hulle begrip van rekeningkunde kan verbeter.
Die klasse word aangebied in ń video formaat wat die teorie van elke onderwerp hersien. Daar word ook vrae uit vorige vraestelle met verduidelikings aangeheg vir die inoefening vir die onderwerp. Die klasse word aangebied deur n hoëskool rekeningkunde onderwyser met meer as 15 jaar se ervaring en talle prestasies agter haar naam. Daar is ook n afdeling in die klas waar vra wat gereeld gevra word aangespreek word.
Die platform wat gebruik word, is “Google Classroom” wat verbruikersvriendelik is en dit gerieflik maak om met alle leerders te kommunikeer.
Al wat die student nodig het om toegang te kry tot die klasse is n google rekening (gmail account) en die rekening word dan gebruik om n e-pos na administrateur toe te stuur (rekstraklas@gmail.com) waar die leerder spesifeer in watse pakket hulle belangstel en die res sal met die potentiale leerder gekommunikeer word.
- 19,99 US dollars
- 19,99 US dollars
- 19,99 US dollars
Ended
500 South African randEnded
1 000 South African rand
Ons belofte
Leerders wat met Rekstraklas Rekeningkunde klas leer, bereik ongelooflike uitkomste. Ons video's sny tot in die kern van die onderwerpe wat hulle behandel, en dissekteer dit op verstaanbare maniere vir die kykers. Wat u individuele doelwitte ook al mag wees, ons is vol vertroue dat ons opvoedkundige video's konsekwente en wesenlike verbeterings sal bevorder.



Hulp in die tyd van onsekerheid.
Tesame met die vlaag van Covid-19 word leerders sowel as onderwysers gedwing om uit die boks te dink om akademiese doelwitte te bereik. Die beskikbaarheid van studie materiaal sowel as die rekstraklas onderwyser wat tot jou beskikking is teen alle tye verlig die stres oor klastyd wat verlore gaan as gevolg van die virus.
Verbeter jou begrip
Die klasse is nie net gemaak met die doel om die student se punte te verbeter nie maar ook om hul begrip oor rekeningkunde te verbeter sodat dit waardevolle kennis is wat vir die res van hulle lewe gebruik kan word.
Doen die klasse teen jou eie tempo
Die klasse is alles aanlyn beskikbaar en kan herhaaldelik gekyk word. Die leerder benodig slegs internet toegang en n google rekening wat baie eenvoudig is om op te stel en indien die leerder sukkel sal daar hulp verleen word oor hoe om ee op te stel teen geen ekstra kostes. Vir enige tegniese probleme kan die hulplyn gekontak word. (rekstraklashulp@gmail.com)
Kontak ons gerus.
30 Dennesig St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600, South Africa











